Gastehuis-toeriste soek Geverifieerde Groen, nie Groenwas nie
Laat jou gastehuis vir volhoubaarheid geverifieer word
Vandag se toeris wil meer hê as net ‘n pragtige verblyfplek; hulle wil seker wees dat die gastehuis wat hulle ondersteun hul waardes deel. GST help toeriste-bestemmings om hul verbintenis tot volhoubare praktyke te bestuur, te verifieer en te bevorder. Nie groenwas nie. Ware, geverifieerde volhoubaarheid.
Waarom dit saak maak
Gaste wat omgee vir die omgewing is die vinnigste groeiende reissegment wêreldwyd. Hulle bespreek doelbewus by eko-vriendelike bestemmings, bly langer en kom by herhaling terug. ‘n GST-verifikasie sê vir hulle – selfs voordat hulle by jou arriveer – dat jou gastehuis die moeite werd is om te kies.
Jou geverifieerde gastehuis sal gesien word as ‘n bestemming wat:
- omgee vir die omgewing,
- plaaslike hulpbronne sorgvuldig bewaar,
- respek toon vir die kultuur en mense van die streek
Hoe om jou toerismeverblyf vir volhoubaarheid geverifieer te kry
Om geverifieer te word is eenvoudiger as wat jy dink:
- Maak kontak – Vul die vorm hieronder in.
- Gratis aanlyn assessering – Ons kyk vlugtig na jou plek en doen dan terugvoering.
- Ontdekkingsessie – Ons verduidelik hoe GST se stelsel werk en wat dit vir jou eiendom kan beteken.
- Ter plaatse assessering – Indien jy besluit om voort te gaan besoek een van ons assessore jou.
- Verifikasie – Voldoen jou plek aan die kriteria dan ontvang jy die amptelike GST-sertifikaat en -verslag.
- Deurlopende ondersteuning – Assesserings word elke twee jaar herhaal om vordering te bepaal en jou sertifisering op datum te hou.
Gebruik die kontakvorm om jou volhoubaarheidsreis te begin!
Hierdie vorm is jou eerste stap, geen verpligting, geen koste nie.
Ons sal jou kontak om jou gratis voorlopige aanlyn-assessering te reël. Jou besonderhede word streng vertroulik gehou en sal nooit met derde partye gedeel word nie.