Volhoubare Toerismeverblyf Beweging

Verifikasie vir Volhoubaarheid

Toerisme as ‘n volhoubare bedryf is deesdae noodsaaklik vir die handhawing van ‘n balans tussen ekonomiese groei en omgewingsbewaring. Go Sustainable Tourism (GST) bied ‘n bestuursmetode vir entrepreneurs in die toerisme-verblyfbedryf wat belangstel om hul besigheid vir volhoubaarheid te bestuur. GST is toegewy aan die bevordering van volhoubare toerismepraktyke in Suid-Afrika, met ons primêre fokus op toerismeverblyf en -akkommodasie. Die toespitsing op volhoubaarheid is van kardinale belang vir die bewaring van ons natuurlike en kulturele erfenis, en is ‘n poging om ‘n balans te vind tussen die opbrengs op belegging, en die welstand van ons gemeenskap, die omgewing en die mensdom.

Stel jy belang om jou toerismeverblyf vir volhoubaarheid te bedryf?

Klik hier om by die beweging aan te sluit!